Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    Die Winterlaken

    Die winterlaken hoort nie meer op die bed
    Somer is hier en die waaier waai sy warmste asems uit
    Maar tog troos die laken
    Dit is ‘n bekende sagte gevoel, asof dit hoort
    Maar dit pas nie

    Die stilte skree
    En in die giggel van die nag
    Hoor sy ‘n snik
    Vermakerig en wreed skyn die maan deur die venster, asof dit haar pyn ken

    Sy wil wegraak
    maar is dit regtig wat sy begeer,
    Of wil sy net weet wie sal haar mis
    Wie sal haar soek
    In die lang somernagte met die winterslaken
    Soek ek na jou

    CM

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander