Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    Vandag

    Vandag het ek jou bietjie opsy gesit
    Die storm vervang met sonskyn en Martini
    Om my gekyk vir mense wat in my hart kom sit het met soet woorde wat proe soos geluk
    In plekke wat leeg was
    Is daar krake waar lig inkom
    Omgee mense my hartsmense
    En ek kan ontspan en van alles vergeet vir die dag en ek dink
    Sou ek hier gewees het sonder dit wat ek verloor het
    Waar sou ek en jy gewees het vandag
    En vir ‘n oomblik wil ek dit nie verruil nie
    WIL ek Martini drink en lag saam hierdie mense
    Maar dan sluip die skuldgevoel weer nader
    Soos ‘n skaduwee voel ek sy asem in my nek
    En ek swem in die donker water
    My lippe bewe en ek kry koud
    Almal sê die lewe gaan aan
    Bliksem, dit is waar … die lewe gaan aan

    CM

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander