Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    Jou gedig

    Toe ons mekaar leer ken het
    Was my hart nog baie rou
    Maar jy het my dadelik verstaan
    Al was my liggie ook hoe dof en flou
    Het jy gepraat, en dit het vir my sin gemaak

    En oor die jare het jy op my gegroei
    Soos ongetemde karoo blomme na die reën
    Het ons vriendskap geblom
    Jy met jou wilde blomme hart
    en ek met my stukkende een

    My liggie het dan soms helder geword
    En om die vuur gesing en gedans
    Soos ons geprekke voer
    Om ‘n kampvuur of ‘n mooi gedekte tafel
    Is jy altyd dieselfde

    Jy het my met jou geheime vertrou
    En ek het dit in my hart se ou houtkis toegesluit
    Die sluitel vêr weggesteek
    Sodit dit veilig sal wees
    Weg van al valshede om ons wat wag vir ‘n kans

    En ek kyk na jou en weet
    Dit is die vrou wat ek wil wees
    Sterk en reguit, met die sagste omgee hart
    Altyd reg en altyd daar
    Vir die volgende harde houe wat gaan kom

    Nie omdat die lewe jou gespaar het nie
    Jy het jou eie oorloë geveg
    Met soldate van blik
    en wapens vol roes
    Het jy dit soms alleen aangedurf

    Jy is my geel vriendin
    My oop sonneblom
    En jy maak my hart gelukkig
    As ons bymekaar kom

    CM
    20/11/21

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander