-
Soek
Party dae soek ek na iets wat ek nie het nie
Party dae skyn die lig helder uit jou oe
Soos die maan op ‘n wolklose aand
Ander dae is dit net ‘n flou kersliggie
wat in die wind rond wapperEk soek na iets binnekant
Jy soek na diamante in rivierstrome
Ek soek die verlore pitte in die mielielande
Na die oes, die agtergeblewenis
Die wat nie goed genoeg was nieEk soek na glimlagte op taai gesiggies
Na drukkies en vuil handtjies aan my hemp afsmeer
Maar jy soek na skoongewaste linne op ‘n kis
Soms in my gedagtes soek ek na jouDan loop ons alleen in die nag
in verlate strate
Die reen wat saggies om ons val
En ons dans saam met vreemdelinge by die kafee terwyl ons goedkoop wyn drinkMaar dan soek jy weer na neon ligte
Massas om jou
Waar ek wegraak tussen min
Waar die wêreld skree en ek kan net fluister
En soek na jouDan drink ek te veel en lag te hard
Maak ek woorde op van liedtjies
En sing ek vals saam met gebreekte note
En dit is nogsteeds nie genoeg nie
Ek soek nogsteeds
En ek weet dis nie jou skuld nieCM
07/12/21Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar
