blou koepel die hemelruim stil hang die doppruim se blare in ‘n windstil oggendson silhouet ‘n skaduwee grondwaarts agter salueer die Dwarsberge kranse weerkaats silwer strepe deur ‘n golwende groen Mampoervallei in stille ritme ‘n trop tarentale gee lewe in die eerste sonnestraal wat skaam loer waar hulle speel in ‘n stofwolk hul geroep eggo […]

sag, sag lê jy jou hand neer oopgestrek oor jou hart se seer wyd, wyd strooi jy jou kyk oor aardse droeë korse slyk val daar ‘n traan ontroosbaar seer op dorre vlaktes neer gee jy jou laaste hartseer snik wat eggo oor dorre landery vol slik kniel met jou laaste bietjie hoop neer op […]
Laat lente © Ans Botha van der Merwe 15/11/2019 11:38 sou ek nie graag in jou arm wou wurm nie jou liefde teen my hartklop kon voel klop nie sou en nie graag jou warm asem teen my nek wou vasvang nie jou liefdes melodieë in jou stem wou hoor prewel nie sal ek nie […]


