Jongste aktiwiteit:

Amper te laat

sag, sag lê jy jou hand neer
oopgestrek oor jou hart se seer
wyd, wyd strooi jy jou kyk
oor aardse droeë korse slyk

val daar ‘n traan ontroosbaar seer
op dorre vlaktes neer
gee jy jou laaste hartseer snik
wat eggo oor dorre landery vol slik

kniel met jou laaste bietjie hoop
neer op brak landerye sonder hoop
oeste se laaste hoop het vervaag
waar sal jou hoop tog opdaag

sag, sag val ‘n skadu wolkie neer
vou oop soos ‘n tregter
wyd, wyd strooi jy jou kyk
benat jou laaste geloofsgebed jou oë

skreeuend weergalm jou stem
onkeerbaar stroom jou trane
jou voete dans die riel ‘wyl jy ongetem
jou vreugdeslied sing deur die loop van jou trane

sag, sag lê jy jou hand neer
wyd, wyd strooi jy jou kyk
adem jy die kraakvars reën aroma
stadig deur jou longe

jou are klop vol vreugde
bars jou aorta oop van hoop
oorstroom jou are jou hart
saam die vloei van die reënboog

vonkelnuut begin jy jou dag
sag, sag rus jy jou hand
op Gods akker
nou benat

vir nog ‘n nuwe oes …




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed