My prisma in Sy lig (silwer)
So is die mens dan,
‘n prisma sonder lig;
steenkool onbewerk
geen heerlikheid in sig.
‘n Simbaal sonder klank
wat stil in weëmoed wag,
‘n viool sonder snaar
wat stom na klanke smag.
Maar Hy kom met genade,
Sy woorde val in kleur
en laat viole en simbale
klank is soete geur.
Met sy lig wat glans in prisma
skyn ‘n reënboog deur in my;
skitter steenkool nou in diamant
deur Sy woorde wat my lei.
Hy wat op die troon sit
wat as in skoonheid giet
het my wit kom was
want Hý maak alles vars en nuut.
Paula Paxton©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2023 projek NUUT