Uitdagings stil geen hongerte
hy sit staan teen die muur
kleine “valcro” koppie
die lewe se uitdagings
meskien te veel geraak
in sy oë lees ek hongerte
iemand wat opsoek is na liefde
miskien het uitdagings
hom gebring tot hier
terwyl in sy geheue vars
gedagtes aan ń ouma
wat hom probeer groot maak
maar nie veel het om te gee
in my hart lees ek verwarring en manhaftigheid
ń outjie met moed
klein van postuur
maar steeds kindjie klein
in ouderdom
steek hy sy handjies uit
en soos ń ma word jou hart sag
in gedagte berei ek ń kraaknuut pakkie op vir hom
na ń paar dae keer ek terug
lê hy vas aan die slaap
en ek hou die pakkie uit na hom
voor my sien ek die klein seuntjie
met ogies wat blink en kans sien vir die lewe weer
raap hy die pakkie op
skeur dit oop en verorber
dit wat hy die maklikste beet kry
sien ek hoe ogies vonkelnuut
lewe kry met ń glimlag
wat aan hartsnare pluk
sag lê ek my hande op sy kop
en tevrede kyk hy op met dankie ogies en ń drukkie
wat alles te bowe kom
weet ek diep binne my
uitdagings stil geen hongerte
@Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2023 projek NUUT