Jongste aktiwiteit:

My bootjie van hoop

MY BOOTJIE VAN GENADE

 

die luggie is koel en rustig en stil

dis ń vars nuwe jaar, deur God se wil

my gemoed is soos die branders, effens geskommel

my eggo voel maar met tye ń bietjie verfrommel

 

sommige mense verstáán die gevoel

ander het nie ń idéé van wat jy bedoel

sekere harte werk sag met die verbrokkelde siel

ander kyk of hul jou nog meer kan verniel

 

ek hys maar my bootjie se seile van genade

werk versigtig met my boeg se onweerskade

ek is reeds een keer deur die storm gesink

amper my menswees in die donker verdrink

 

my baken van belofte en beveiliging staan groot

ek weet na waar ek moet kyk in nood

volg net die liggie in die donker se uur

en jou toring van lig hou jou sekuur

 

my skuit is in vaar, en seile gespan

laat ek sien wat vandag aan die horison hang

ahoi! mede-seilers, ahoi!

sien jul vanaand, met die skemer se rooi!

©Drienie Joubert Kelly

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed