Mondig in Gesondheid
Een en twintig jaar
iemand se gesondheid verjaar
so vonkelnuut soos ń sikspens
beleef ek my gedagtes buite die grens
van blydskap vars in my geheue
staan ek dankbaar verleë
aan genade
beslis was dit geen bravade
kraaknuut in my menswaardige bestaan
is alles verslaan
bruis opgewondenheid
in lewenslustigheid
soveel jare speel Hy die rol
en blydskap wat binne in ñ liggaam tol
aan Hom al die eer
daar is niemand soos Hy om te vereer
die lewe speel ń lied
mondigwording in gesondheid was nooit verniet
@Louisa van Vliet
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2023 projek NUUT