Wording (goud)
As ek aan iets kon vashou
sou dit aan jou wees
ek sou diep in jou hart inkruip
myself in ‘n warm kamer embrio
my oë styf toemaak
en iets doen
soos net asemhaal of bietjie bid
ek sou doodstil daar lê
tot jou oggendson
‘n nuwe lewe
oor my lyf kom verf.
© 01/2023 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2023 projek NUUT