jeugdag
oor my duin
waai daar ‘n wind
elke jaar hierdie tyd
kom hierdie mistral-wind
en waai tot teen die been
uit die ceres-berge waar
die sneeu spierwit lê
dit waai skerp
en sny seer
oor my hart
beweeg daar iets
skrille koue wat skroei
elke jaar in koudste maand
kom dit terug soos de ja vu
die moontlike terugslag
op sharpeville slagting
hang soos ‘n swaard
onbewaakte vrees
die wind blaas
smeulende kole
van as na gloeiend
rokies styg dikwels
en alarms gaan af
harte begin bewe
ewige paaiboelie
wat mens ontstel
weer laat glo
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.