Jongste aktiwiteit:

Moedertaal

in wind verwaaide Kaap
verstrooi as klein sade
groei ń nuwe vuilgoed
in die duusman land.

eenkant alleen
in woorde huwelike begin
ń gemene taal
vir die kinders van
Afrika.

op hoër gesag
as kombuis taal geag
vir slawe en plaasjapies,
net hulle het nodig
om Afrika te verstaan.

een een woorde gevorm
van verkeerd gesegde amptelike
ingevoerde handelstaal
ń taal so gebore
vir die wat in Afrika staan.

algoritmes
soek self alternatiewe woorde
in digitale woordeboeke
alles in die aanvaarde
internationale kommunikasie taal.

teen die oormag is my klein taal
dominee preek, nasionalistiese wit
skuldig bevind
deur ons oorlams goed
verkies as die moedertaal van Afrika.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed