Lewens Selle
selle
lewe styf vol
na aanmekaar gepak
in elke jong verliefde lyf.
selle
val oor tyd se waterval
verdwyn in die stroom
en laat die middeljare lyf
swakker met tyd.
selle
dans stadiger langarm
in ń verkrimpelde sak
die najaar lyfkleppe
lek al ń bietjie.
selle
verlaat die lewenssak
sand deur ń sif
om saam in die wind
te sing.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
test