Jongste aktiwiteit:

ń Gestoei na niks

in hierdie lewe van vandag
waar dit so gestoei word na niks
terwyl die owerhede mag het
om alles uit mekaar te ruk
omdat hulle dink hulle
het die hef in hande
besef hulle glad nie
dat God hul daar geplaas het
met rede om Sy kinders uit te soek

stoei so baie voort om self
kop bo water te hou
want tussen inbrake en korrupsie
moet ons nog lewe ook
terwyl werke minder word
finansies afgebreek word
kos onbekostigbaar
en lewensmiddele
buitensporig duurder word

en om alles nog te bekroon ook
word ń mens in donkerte gehul
met kragontbrekings
leuens om alles te verdoesel
en diep in my binneste wonder ek
oor hulle wat nog nie die Here ken
hulle wat nog nie hul saak met God
bevestig het nie

en beleef ek kommer hier in my wese
want ek weet waarnatoe ek gaan
in my hiernamaals wanneer Jesus kom
maar so baie weet nog nie eers
wat is die verskil tussen lewe en dood
en ek besef hoe baie veg vir net ń bestaan
en kom niemand agter dat al die gestoei
op die ou end na niks kom Sonder God

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed