Jongste aktiwiteit:

Oggend (Silwer)

Die dag se breek lê vars

op die horisonlyn

waar helder sonskynstrale

soos goud in die lug verskyn.

 

‘n Voëlgesang van jubel

klank in simfonie op;

‘n koue somersbriesie

streel deur die hare op my kop.

 

Ek teug die kraakvars lug

tot daar waar asem brand

‘wyl ek die oggendstond

besigtig van elke kant.

 

My vel baljaar in tintel

teen die koue wind;

my hart gallop in klop

in opwagting soos ‘n kind.

Paula Paxton©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak