Vriendskap genade
Vriendskap genade
wanneer my voete swaar raak
en my trëe sleepmerke laat
dan tel vriendskap my op
en dra my waar die see
op die strand kom draai
as my oë dof raak
en my ore stilte braak
kom skryf jy in braille
die natuur rondom my
toe my skouers kromtrek
en hande nie meer wou vat
het julle my siel kom aanraak
en glimlagte die sterre opgehang
wil ek dankie sê
vir arms wat my innooi
het die suidooster gaan lê
en my hart se wilde klop tot rus gekom
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek