Jongste aktiwiteit:

Dit is klaar

Dit is klaar

kom luister na my lied
verstaan die woorde
wyl ek snare span
tussen Orion en die Suiderkruis
speel ek ‘n laaste encore
voordat my hart stil moet raak

en

terwyl die melodie se laaste akkoorde
wegvloei oor die westerkim
tel ek my spore op
kyk ek vir oulaas om

dan

wanneer die Nonnetjiesuil die eerste keer roep
ritsel my laaste asem deur die droëe peule van die doringboom




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed