Selfaanvaarding Ek staan stil met my hart op my mou sien die seer versteen in jou sielspieëls waar biggel trane smeersels, Revlon foundation laat en mascara teergrys vlekke los prewelbedes in ‘n droomlose nag nog ‘n uitkerf-kuns op jou lyfie sag wroegletters in bloed geskryf donkerduiwel satanskind by kennisgebrekenis sal jy nie vrede vind onder […]
Soos vuil pis is jul in ‘n skoon poel Etterbesmet is jul lag Skifsels suur oor verlede voel Verwond jul doelbewus sag Blindversteek tussen die lyne Skitterblink lê jou naakte siel Opbrengste ge-oes uit hartsnaar pyne Verbete verwoed verniel Soeke na aanvaarding in jouself Bloedbevlek lê jou hart op ‘n witlaken Haat brand fel waar […]
Geweefde trane Geweefde trane vul die fondament krake van ‘n siel kastaiings braai in die vuurherd van my hart sierskrif letters geskrywe met emosie ink waar denke, hart en siel mekaar moes vind grysgrou lê die asvaal wolk winterswinde waai ‘n koue dood worstelsmoor die smeul passie klaar stomwoorde toe die laaste vuurtjie bedaar grafsteen […]

