-
Uitgesluit
En jy was my huis
Maar nou pas my sleutel nie meer in die voordeur nie want die slot is vervang (dit was nie jou besluit)
Ek sit op die stoep en hoop iemand antwoord my klop
Die stoepteëls is koud
En die donderweer grom en die bliksemstrale slaan
Die reën is op pad
Kan iemand vir my oopmaak voor die storm my verwoesBinne skyn ‘n lig, en ek hoor ‘n gelag
Kan dit wees, dat ek nie te lank terug een van daardie mense was
Maar nou sit ek buite op die stoep alleen
En die storm is oppadEk droom van ‘n figuur, wat die deur oopsluit
My optel in sterk arms en binne toe dra
My op die voorkop soen en sê ek moet nie bekommerd wees nie,
die donners en bliksems is nou buiteMaar in die donker besef ek
Dit is nie meer my huis
My huis IS nou die stoep
en die storm my vriend wat my kom haalCM
Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar
