Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    Kom vat my hand

    Kom vat my hand my kind
    Laat ek jou vashou en bly nog so rukkie klein
    In jou glimlag sien ek wit en blou skepe seil
    En in jou oë skitter reëndruppels , vol beloftes

    Ek wil die wêreld vir jou wys
    Sonder die monsters en donderweer
    Omdat ek weet dat jy bang is vir dit

    Ek wil vir jou stories vertel
    van mense wat nog goed is
    en van ware geluk wat nog kan bestaan
    Dat jy liefde ontdek, net soos wat jy jou
    kerspersente oopskeur, vol opgewondenheid oor wat dit mag wees

    Ek wil hê jy moet met jou diamant reëndruppel oë deur die lewe gaan, wat net die goed in alles sien, en breë sterk skouers
    wat ander mense se laste minder maak, want so sal jou las ook minder wees

    Ek wil hê jy moet kliphard sing saam met al jou gunsteling liedtjies,
    en loop in die reën sodat dit al jou probleme kan afwas
    Flieks kyk op Sondae aande, want dit hoort so
    en lag vir dom grappe, sommer net omdat dit lekker is om te lag

    Daar is so baie dinge wat ek vir jou wil hê
    Maar vir nou wil ek net jou hand vat, en jou vashou, en jou nog net so rukkie langer klein hou

    Want jy is my gunsteling mens, my selfgemaakte mengsel van sand en seë…. van kattekwaad en taai gemorsde vloere, van drukkies en sagte jammer mamma woorde…en ek is bitter lief vir jou

    CM

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander