Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    Sien jy my

    Sien jy my as ek vir jou kyk,
    sien jy my as my hart na jou soek
    na jou arms om my ….
    Sien jy my as my voete na jou toe wil hardloop?

    Maar ek staan stil en die blou van die lug spoel oor my
    Die sterre tel my op en ek voel die koue aandlug om my
    En ek wonder…. sien jy my
    Ken jy my naam
    Weet jy ek glo nog aan gelukkige eindes
    Aan verjaarsdag wense maak en monsters wat net mense is

    Ek stoei met my gedagtes
    Hulle terg my en steek vir my tong uit
    Het ek dalk een keer ook deur jou gedagtes gegaan
    Het jy een keer gewonder of ek jou ook sien
    Oor die nag en alles wat kan wees
    Die maanlig wat saam met ons hardloop
    Na ‘n plek waar blou die enigste kleur is wat bestaan
    En die sterre dans om ons, op die maat van ‘n ou melodie, vaagweg bekend
    Maar ons luister net soms
    En in die stil tussen in
    Sien ek jou en jy sien my

    Werklikheid spoel my op die strand uit
    en vertrap my soos groot olifant voete
    Die blou is skielik rooi
    En ek besef dit is malligheid om so te droom
    Waansin van ‘n ongesiende vrou
    Dis al…..

    CM

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander