-
Jou gedig
Toe ons mekaar leer ken het
Was my hart nog baie rou
Maar jy het my dadelik verstaan
Al was my liggie ook hoe dof en flou
Het jy gepraat, en dit het vir my sin gemaakEn oor die jare het jy op my gegroei
Soos ongetemde karoo blomme na die reën
Het ons vriendskap geblom
Jy met jou wilde blomme hart
en ek met my stukkende eenMy liggie het dan soms helder geword
En om die vuur gesing en gedans
Soos ons geprekke voer
Om ‘n kampvuur of ‘n mooi gedekte tafel
Is jy altyd dieselfdeJy het my met jou geheime vertrou
En ek het dit in my hart se ou houtkis toegesluit
Die sluitel vêr weggesteek
Sodit dit veilig sal wees
Weg van al valshede om ons wat wag vir ‘n kansEn ek kyk na jou en weet
Dit is die vrou wat ek wil wees
Sterk en reguit, met die sagste omgee hart
Altyd reg en altyd daar
Vir die volgende harde houe wat gaan komNie omdat die lewe jou gespaar het nie
Jy het jou eie oorloë geveg
Met soldate van blik
en wapens vol roes
Het jy dit soms alleen aangedurfJy is my geel vriendin
My oop sonneblom
En jy maak my hart gelukkig
As ons bymekaar komCM
20/11/21Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar
