-
Weggooikind
Wou niemand jou regtig ooit gehad het nie
Dogtertjie met die rooi wange
Het jy alleen gebly
Soos sneeuwitjie, maar sonder die dwergies
Het jy jou lewe regtig so begin?Wat sou dit vir jou beteken as jy sou hoort
Iewers hoort by iemand
Soos lente na die somer blom
En valse note ook ‘n liedtjie maak
Sou jy gelukkig gewees het dan?Ja daar was mense wat jou wou hê
Wat vir jou lief was en jou wou oppas
En sag maak, om jou te hoor lag
Om jou oë te sien dans en die rooi weer in jou wange terug te sitMaar altyd het hulle weer weggegaan
Of is hulle weggevat
En jy bly altyd soek
Tussen stokkies en klippe op die grond
Na die plek wat jy van droomDie plek wat jou jaag in jou slaap
Wat jy glo bestaan en wat jou gelukkig maak
Met iemand wat jou wil hê
Net vir jou
En dalk sal dit die keer so blyCM
24/11/21Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar
