Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    ‘n Oomblik

    Het jy al ooit ‘n oomblik gehad
    Wat jy nou aan terugdink en insluk
    Soos ‘n blikbeker oggend koffie
    En weet dit was dit gewees
    Dit was jou oomblik van geluk

    Een oomblik van totale vrede
    ‘n Gevoel dat jy enige iets kan doen
    Enige iets kan aanpak
    En kan uitsien na alles wat nog kom
    En die wêreld skyn helder om jou

    En vir daai oomblik was die prentjie duidelik
    Maak jy sin uit die lewe se deurmekaarspul
    Is dit nie meer ‘n gebreekte legkaart
    En sien jy alles , soos wat dit moet wees
    En hoor jy musiek in die stilte om jou

    Ek kan nie meer die gevoel presies herleef
    My hart is nou te veel ingekleur
    Oorgekrap en uitgevee
    Maar ek onthou dit so helder
    En weet dit het defnitief gebeur

    En soos ek terug verlang na daai oomblik
    Hou ek dit saggies vas
    In my koue hande maak ek dit warm
    en draai dit in watte toe
    Ek wil dit bêre vir ‘n volgende keer

    Baie maal probeer ek ook die oomblik terug kry
    Dalk met te veel whisky
    Of miskien as ek lank genoeg vir die seë kyk
    Vir die sonsak op die horison
    Of in smeke na liefde oral om my

    CM
    29/11/2021

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander