Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    Soek

    Party dae soek ek na iets wat ek nie het nie
    Party dae skyn die lig helder uit jou oe
    Soos die maan op ‘n wolklose aand
    Ander dae is dit net ‘n flou kersliggie
    wat in die wind rond wapper

    Ek soek na iets binnekant
    Jy soek na diamante in rivierstrome
    Ek soek die verlore pitte in die mielielande
    Na die oes, die agtergeblewenis
    Die wat nie goed genoeg was nie

    Ek soek na glimlagte op taai gesiggies
    Na drukkies en vuil handtjies aan my hemp afsmeer
    Maar jy soek na skoongewaste linne op ‘n kis
    Soms in my gedagtes soek ek na jou

    Dan loop ons alleen in die nag
    in verlate strate
    Die reen wat saggies om ons val
    En ons dans saam met vreemdelinge by die kafee terwyl ons goedkoop wyn drink

    Maar dan soek jy weer na neon ligte
    Massas om jou
    Waar ek wegraak tussen min
    Waar die wêreld skree en ek kan net fluister
    En soek na jou

    Dan drink ek te veel en lag te hard
    Maak ek woorde op van liedtjies
    En sing ek vals saam met gebreekte note
    En dit is nogsteeds nie genoeg nie
    Ek soek nogsteeds
    En ek weet dis nie jou skuld nie

    CM
    07/12/21

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander