Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

MB

Biografie

My reistog van toeka tot nou
Vandat ek onthou, kinderjare tot nou was my hele lewe tot dusver net alles die moeite werd. Elke dag iets nuuts geleer, elke treetjie wat ek gestap het geen berou. Mense het ook gekom en gegaan, mense wat my seer gemaak het, mense wat my gelukkig gemaak het. Wie weet dalk het ek ook groot seer in hulle lewe veroorsaak, dalk het ek hulle ook dalk ‘n glimlaggie op hulle gesiggies gesit.
Ek het deur die jare geleer, my lewenspad was my eie leerskool. My lewenspad tot nou was my handboek van seer en rou.
Elke dag in ons lewe beleef ons seer en blydskap. Ander verwerk dit net beter as ander wat sukkel om dit te verwerk. Soms agter ‘n glimlag skuil ‘n mens met die grootste seer, in sy of haar oë kan jy die seer sien. Jare se emosies wat vra na hulp wat vasgevang is in daardie greep van seer.
My reistog was ook nie so maklik, vanaf die ouderdom van nege jaar het my hele sienings wyse verander. Ek moes loop met ‘n innerlike seer, skuldig gevoel vir iets wat aan my gedoen is. Ek het die persoon so gehaat, hy my lewenspad verander in haat en seer. Agter my glimlag was die grootste seer. ‘n kind vergeet nooit en sal ook nooit vergewe. Dit bly by jou die dag dink ek tot met jou dood. Ek baie keer die vraag gevra, as dit nie gebeur het nie, sou ek die lewe in beter lig gesien het? Ja, my antwoord is ja, ek sou meer kon vertrou en meer van myself vir die wêreld kon gee. Tog deur alles het ek net versterk as mens. Ek kon die lewe beter aanpak tot waar ek vandag is. Maar agter my groot glimlag sal daardie seer nog altyd skuil. Dit is ‘n skadu wat my volg, ‘n deel van my lewe wat nooit vergete sal gaan.
Mense het my ook die lig laat sien, my vriende en my naaste. Jy as mens dink hoekom het dit met jou gebeur, totdat jy ander se seerste seer sien en dit saam met hulle stap. Soms vloei die trane soms oor my wange, dit wat ek in ander sien en die seer wat ek in ander beleef.

Almal het ‘n masker wat hul elke dag dra, ‘n pagasie agter op hul ruggies wat so swaar raak dan hulle net nie meer wil aangaan want alles is te veel. Ons besluit is om nie meer aan te gaan en net moed te verloor. Eintlik het ons soveel om dankbaar te wees, dit wat ons het en die mense wat dit saam met ons stap.

Ek het besluit ek gaan die pad saam met Bella vat my “tjor”. My lewens reis van toeka tot nou. Sy is nou wel net in my verbeelding maar ek en sy gaan die pad vat na die beter en dit saam met my grote God. Elke dag wat iets my hartseer gaan maak, gaan ek in Bella klim en net daardie pad in my eie wêreld aan durf. Wêreld van emosies van die seerste seer en die mooiste mooi.

Verjaarsdag

1980-06-27

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed