Jy raak aan my met sagte vingers… maar elke vat veroorsaak pyn. Want jou het ek lankal weggebêre in ‘n laaitjie iewers waar die lig nie meer skyn. Daarmee saam ook dit in my wat smeek na jou. Maar kort-kort klim jy weer uit en raak aan my met oë en hande en lippe […]

Die kraak in ons muur word by die dag groter – ‘n afgryslike skeiding oneweredig gebars van bo tot onder. Jare se gebeitel en pleister het dit net nog groter gemaak, en ek wonder hoe lank nog voordat hierdie kraak ‘n kloof word met jou aan die een kant en ek aan die ander […]
wag asb.


