O, Here vat my hart maak dit oop en wyd en leeg sodat U reën die dors kan les O, Here vat my siel vol klippe en harde grond waar net die taaiste kans staan om te groei O, Here vat my seerkry spore op vergete berge gate gegrawe na blink drome los net dit […]

Ek skryf vir jou ‘n vers vanaand omdat dit reën in die woestyn ‘n vers sonder onnodige woorde kommas of punte sonder verklarings fênsieloos en klipperig ‘n handvol woorde oor ‘n anderse omgee hart gestroop van geite wat wortels laat klippe breek jou blare ongenaakbaar skroei ‘n vêr kyk soos halfmense wat eeue na sterbelaaide […]


