Jongste aktiwiteit:

Bedelaar

Hy hinke-pink as mense kyk sorge verdrink om dit te ontwyk. Wag vir ‘n nader wink om nog meer weerloos te lyk selfs ‘n traan gepink met hande op die buik. Verslete, verwaarloos, vermink die lewe opgebruik in dronkenskap rink-kink hongerpyne tydelik gefnuik. Die munte in vuil hande blink boustene van sy koningkryk. ©️Verdoes

Lees meer

Ons praat nie meer nie

Ons praat nie meer nie maar ook nie minder nie. Ons praat nou deur rekenaars soos wafferse redenaars. Pos op die Fotoboek en op Kwetter los ons ‘n kloek. Lewer kommentaar en deel dit met mekaar. Dis soos water op ‘n eend se rug as ons klik op die duimpie in die lug. Ons praat […]

Lees meer

Kommissie van ondersoek

Vir elke suspisie elke rusie in elke posisie en elke kondisie volg ‘n kommissie, dis ons tradisie ‘n kommissie sonder ‘n misie sonder visie vir elke petisie en koalisie vir elke kroek om elke hoek elke vloek elke boek en elke kloek ‘n ondersoek wat die waarheid soek. Met elke kommissie van ondersoek kry elkeen […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed