Jongste aktiwiteit:

Kommissie van ondersoek

Vir elke suspisie
elke rusie
in elke posisie
en elke kondisie
volg ‘n kommissie,
dis ons tradisie

‘n kommissie
sonder ‘n misie
sonder visie
vir elke petisie
en koalisie

vir elke kroek
om elke hoek
elke vloek
elke boek
en elke kloek
‘n ondersoek
wat die waarheid soek.

Met elke kommissie van ondersoek
kry elkeen ‘n groot sny van die koek
maar die waarheid bly ‘n geslote boek.

©️Verdoes
Kloek is my woord vir “Tweet”




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed