Jongste aktiwiteit:

vloerkos op cloud 9 (Opdag 7)

sluip ons laatnag uit vir middernagfees
waar jy my saggies neervlei op kombers
loop stroompies witwarmwas uit bloedrooi kers
help my vergeet van egbreek en seerwees

jou camelstem weergalm eroties hees
strelende flirtasie druifkorrelpers
druppels hemeldou in psalm en vers
chef livine my smaakorgasme gees

ontbeende borsies is brosbruin getan
brie bessies en yskoue borrelwyn
lekstroop uit heuningkorf fluister lendetaal
alles op die agterseat van jou van

gly jou kwassie liggies oor rondings fyn
uit geurige soensag pruimsap gehaal

©arin erasmus




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed