Kluis’naars Drome (Opdrag 7)
waar somerwind kluis’naars maak van bome
waar ek nou in my alleenkaros woon
het ek jou aanskou, ‘n nimf wonderskoon
gebaai in soel somerson se strome
daar waar kabbelende waterstrome
bo-oor eens grootse spoelklipdrome troon
van verspeelde kanse nou verloën
lê my hart stil smagtend en droom drome
van eens toe ek met sekere voetval
jou heuwels en valleie kon verken
en uit jou diep verborge put kon drink
toe ek jou ontdek lank na die oerknal
‘n nuwe eden se grense kon pen
die geheime elikser kon inskink
©callie 2018
16 Kommentare
-
-
Elroux
Lieflike gedig Callie.
-
Carin Erasmus
wow!!!
-
Driekie
Pragtige gedig, Callie
-
Viooltjie
Welgedaan, Callie!
-
Alet
Uitstekend verwoord.
-
Cornien
Jy kan maar Callie, besonders geskryf!
-
Loretta Szikra
Pragtige werk Kallir. Ek love dit!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie