Jongste aktiwiteit:

Ons praat nie meer nie

Ons praat nie meer nie
maar ook nie minder nie.

Ons praat nou deur rekenaars
soos wafferse redenaars.

Pos op die Fotoboek
en op Kwetter los ons ‘n kloek.

Lewer kommentaar
en deel dit met mekaar.

Dis soos water op ‘n eend se rug
as ons klik op die duimpie in die lug.

Ons praat nie van aangesig tot aangesig
luister ook nie want ons is te besig…

om te praat

en so bly woorde ongesê.
Dis waar die wêreld se probleme lê.

©️Verdoes




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed