Jongste aktiwiteit:

BEMINDE (Opdrag 7)

BEMINDE

my menswees wat smagtend verlang
na hande soos veertjies wat saggies kan aai
na ‘n mond wat skelmpies soentjies skaai
so teer so liefies gepamperlang
fluisterend woorde wat streel oor my wang
golwende passie soos windjies wat draai
vlae van begeerte wat om ons twee waai
vas in die vlamme van ekstase gevang
vir nou wil ek hierdie dans met jou deel
vir nou my verlustig in liefde se taal
vir nou én vir altyd met hartstog deurspoel
vir altyd die vuur in jou oë sien smeul
vir altyd die mooi uit ons liefde uithaal
vir altyd, vir ewig jou arms om my voel

© Barbara Smit 23/08/2018




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed