Het jy al ooit tamatieguts gesien? Vandag, op die laaste dag van vrouemaand, is die dag waarop ek en my vriendin leer skiet. Nee, dit is verkeerd. Ek het al geleer skiet (sy ook; met die boog). As klein dogtertjie het ek vroeg al geleer om met ’n oop visier aan te lê en te […]

Ek is Afrikaans. Dit is die taal wat ek praat. Dit is die taal waarin ek dink. Dit is die taal waarin ek lief het. Dit is die taal waarin ek verstaan. Dit is die taal waarin ek treur. Dit is die taal waarin ek soebat, smeek, waarin ek veg en baklei. Ek is gebore […]

Dit is laatmiddag toe my bande hand skud met die grondpad. Soos ou vriende in omhelsing kleef die stof aan die rubber terwyl dit kort-kort in omwenteling terugkeer en elke maal weer van vooraf met die sand kennis maak. Ek was nog nooit hier nie maar my siel onthou iets. Ek vermoed dit is my […]


Vanaand mis ek ons. Ek mis sorgelose skater en ondeundheid wat sonder skaamte of toestemming in ons oë kom vonkel. Ek mis laat aande en glase wyn. Ek mis die musiek wat ons harte ligvoets en onopmerklik aan mekaar kom snoer het. Slu het elkedag en maandeindes hulself met dieselfde onopmerklikheid in ons gedagtes kom […]

HOOFSTUK 3 Anna lê in haar bed. Die donker vou haar ligaam in maar haar gedagtes is so helder soos die dag. Dit word nie ingeperk deur die swart kamer met sy swaar luike wat veronderstel is om die gevaar buite te hou nie. Nee, sy het die vertrek met sy ewe donker swaar meubels […]

Gister het ’n boom in my lewe geval. ’n Groot Geelhout in die middel van ’n digte reënwoud. Die blaredak, waar sy eens die sonlig kul-kul van ons af weggehou het, is oopgeruk en hemel kyk onbeskaamd op ons neer. Harsteer wil ek gryp na bedekking wat my dalk nog kan beskerm teen die ongekende […]

Die afgelope paar dae het ek Facebook-boodskappe en e-posse gelees en verskeie gesprekke aangehoor. Aanvanklik het ek my min daaraan gesteur. Ons lewe in ‘n tyd waar verandering die norm is. Om ‘n nuwe straatnaam en ‘n nuwe dorpsnaam te sien, is alledaags en ‘n tipe aanvaarding het onbewustelik pos gevat. En toe onthou ek […]

Ek is ’n rassis. Ek het nie self so besluit nie, inteendeel, dit is nie eers iets wat ek myself sou noem nie. Ek vereenselwig nie met hierdie term nie. Dit is aan my gegee en ek is daarmee gedoop en daarvan beskuldig. En nou word ek daarvoor gehaat. Wat ek wel is, is ’n […]

Woensdag gaan ek stem. Ek gaan my demokratiese reg uitoefen om ’n sê in die toekoms van hierdie land te mag hê. Gaan dit ’n verskil maak? Ek weet nie. Inteendeel, ek glo nie. Ek dink die korrupsie het al so ver en so diep ingesyfer dat ek selfs die uitslag van hierdie verkiesing nie […]



