Basiese Profiel
Eerste naam
Van
Geslag
INK naam
Nix
Biografie
Woorde was nog altyd my tuiste. Van kleins af het ek sin gesoek in sinne, en emosie gegiet in reels, eerste in geheime dagboeke, later op papier wat ek met niemand wou deel nie. Skryf was nooit net ‘n stokperdjie nie; dit was asem, ’n stille plek waar ek myself kon wees sonder verskoning.
My digkuns het gegroei saam met my hart. Ek het begin skryf oor die wêreld rondom my, oor liefde, verlies, hoop, stilte, en alles tussenin. Met elke gedig probeer ek iets vasvang wat te groot is vir gewone woorde: ’n gevoel, ’n kyk, ’n herinnering.
Ek skryf nie om te wys nie, maar om te deel, om ander se harte te raak soos skryf myne al jare lank aanraak. Elke vers is vir my ’n liefdesbrief aan die lewe, en aan dié wat in stilte luister.


