KLEIN-TYD Onverhoeds stap die blougestrikte poniestertkind ‘n huppel deur my grootmensdag en ineens ruik die son na wasklam kosblikbrood skooltasnuut o, ek wou dat ek weer kleure kon leer herken soos van meet af aan alles bekend heerlik vreesloos lief kon kry! ek sien haar wag onbevange, oop rég aan die voet van die lewe […]
2018 Ek het dié vervloekte jaar lankal vooruit vermoed – gebreekte heupe vertrapte vriendskap dwarsklappe en gapende grafte… Maar nou nou gaan ek vir my ‘n uilhuis van groen bottelskerwe bou my voordeur bibberpers verf en jubelend ‘n nuwe jas aan die kapstok van my vreugde hang… (Kopiereg EP)
wag asb.