KLEIN-TYD
KLEIN-TYD
Onverhoeds
stap die blougestrikte
poniestertkind
‘n huppel
deur my grootmensdag
en ineens ruik die son
na wasklam kosblikbrood
skooltasnuut
o, ek wou dat ek weer
kleure kon leer herken
soos van meet af aan
alles bekend
heerlik vreesloos
lief kon kry!
ek sien haar wag
onbevange, oop
rég aan die voet
van die lewe
letselloos
met ‘n héél liewejesushart
wat waarlik
aan onverwonding glo
(Kopiereg EP )
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.