Jongste aktiwiteit:

AFSTAND

As die Ruiter sy sens
in jou skoon siel slaan
sal ek nie langs jou…
in sy skadu staan nie

Ek sal nie jou liewe hande
in my klam palms
verdrink nie
en ek sal nie
jou laaste fladderwoorde
hoor
of jou dorstige mond
kan soen nie

Maar wéét dit:
ek sal jou ewig
in die diep skuiling
van my oë vashou
en in die seer ráák
van my vingers
proe…
(Kopiereg EP)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed