Flenter lap
Flenter lap in jou kas
ou se dra lap
gevlekte vol gate lap
kantjies-uitrafel lap
is niks nut lap
word mense stof lap
vloer lap
skeur lap
hande afsmeer lap.
In ‘n hoekie gedruk
lê die wegsteek lap
die skaamkry lap
doelloos, sielloos, gevoelloos,
stemloos
onsigbaar, ontroosbaar.
Gebruikte flenter lap
asblik weggooi lap
wie-gee-om-lap.
© CJ Laing 16/01/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.