Dis wéér al (met apologie aan Jan F.E.Cilliers)
dis die blond, dis die blou
dis die pimpel en pers
dis ‘n woord-hou
en ‘n hart-steek
gesalf en gebind
in my helende vers –
‘n purperkleed
bo-oor die wreed
dis al…
© Charleine Collins 16 Januarie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.