Jongste aktiwiteit:

Nietig

Ek ruik die reën. Ek hoor die donder dreun. Ek sien die weerlig flits en flikker. Ek voel die aarde bewe. Ek voel nietig.

Lees meer

Die wedloop van die lewe

So tussen al die sokker- , krieket- tennis- en rugby wêreldbyeenkomste deur, vind daar toe darem ook die Diamantliga-Atletiekbyeenkoms in plaas. Wat ‘n fees! Atletiek bly maar een van my gunstelingsportsoorte om te kyk. Die veld-atlete se konsentrasie, die manier waarop hulle hulself en sommer ook die toeskouers emosioneel voorberei en opsweep vir deelname, asook […]

Lees meer

‘n Onpaar tekkies

Ek hardloop my lewenswedloop as onderwyseres. Dit is, soos met baie ander dinge in die lewe, eers wanneer die tekkie aan die ander voet is, dat jy meer begrip vir ‘n situasie het. Noudat ek self voor ‘n klas staan en nie meer as leerling in ‘n klas sit nie, maak sekere dinge vir my […]

Lees meer

Die tekkies draf in

Die tekkies draf in Goeiedag van die “new kid on the blog”! Ek beplan om so af en toe hier in te hardloop en gedagtes oor die wedloop van die lewe met jou te deel. Skryf is mos terapie vir die siel, ‘n manier om aan gedagtes te herkou en met mense in aanraking te […]

Lees meer

Ontnugtering

Ontnugtering Ontnugtering: die besef van verraad en bedrog deur ‘n geliefde. ont – nugter? NEE: ver – nugter! Die nugter wete groei elke dag klaarder in my gemoed: onvoorwaardelike liefde is ‘n romantiese droom wat soos ‘n miswolk verdwyn wanneer ‘n mens nugterwakkerskrik. Met kloue, kille klaarheid dring die wete nugter tot my deur: jou […]

Lees meer

Die roosboom voor ons huis

Die roosboom voor ons huis Die roosboom voor ons huis is al stokoud. As hy kon praat, sou hy baie stories kon vertel van staan in wind en weer: jaar-in en jaar-uit van koue, droë winters, van versengende hitte, van verwoestende storms en van oorgange tussenin. In die winter, met sy takke kaal en sy […]

Lees meer

Gerhard

Skynbaar ernstige Gerhard hou nie van die noodlot tart sy humor so droog hou gemoed’re hoog – Is Einstein, maar nie verward.

Lees meer

Melissa

Kleine, fyne Melissa Ouboet se enk’le sussa: Balle kan sy skop en slaan dat hul hop. klein bottel dinamika.

Lees meer

Zanna

‘n Meisie genaamd Zanmari kan nie ophou kwetter nie. om dinge te reël is vir haar nie te veel, maar leer is nie haar liefde nie.

Lees meer

Hande

Hande Die Here het vir ons liggame met die wonderlikste beweeglikheid en grasie gegee. Dink maar aan ‘n ballerina wat op haar tone staan en, met hande bo haar kop uitgestrek, in die rondte tol. Al haar aandag en energie is gefokus op die danspassie waarmee sy besig is. Sy dans met oorgawe, met elke […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed