Jongste aktiwiteit:

Hande

Hande

Die Here het vir ons liggame met die wonderlikste beweeglikheid en grasie gegee. Dink maar aan ‘n ballerina wat op haar tone staan en, met hande bo haar kop uitgestrek, in die rondte tol. Al haar aandag en energie is gefokus op die danspassie waarmee sy besig is. Sy dans met oorgawe, met elke vesel van haar wese. Haar liggaam tol, haar gesig is na bo gehef, haar hande hoog bokant haar kop uitgestrek. Dis ‘n beeld wat in sy totaliteit die eer na God se Almag en Koninkryk terugkaats. Een van Sy skepsels wat, deur haar liggaam te oefen en ten volle te benut, aan Hom genot verskaf.

Ons hande kan praat, selfs al uiter ons monde nie ‘n enkele woord nie.

Hande wat, langarm, met palms na bo, wyd oop na iemand gestrek word, is verwelkomend.

Die bakhande van ‘n bedelaar vra.

‘n Vertroostende hand op die skouer verlig pyn. Dit troos.

‘n Handdruk maak jou bekend aan ‘n ander persoon.

Wanneer jy Hom aanbid, gebruik jy ook al die gereedskap wat Hy aan jou geskenk het vir dié doel? Hef jy jou hande op na Hom?

Jy sê: “Here, ek wil U loof, Maar jou gesig is van alle vreugde beroof. Jy sing: “Hef jou hande op na bo,” maar jy staan met jou arms styf teen jou sye, hande na onder, in plaas van na bo!

In jou moederskoot het Hy jou gevorm. Hy het jou gemaak, Hy weet alles van jou af.
Hy ken die beweeglikheid van jou liggaam, sy moontlikhede en beperkinge. Hy wil hê dat jy Hom met die volheid van jou hart, gees, verstand en liggaam sal dien.
Hy wil jou hande in aanbidding na Hom toe gestrek sien!

Mag ons almal Hom met liggaam, siel en gees dien.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed