Jongste aktiwiteit:

Ons is lief vir ons reekse.

Ons is lief vir ons reekse, reg? Seisoen na seisoen word ons ingetrek in ‘n denkbeeldige wêreld van politiek, liefde, wraak, vergifnis en gierigheid, en ja, mag. Deur almal is daar altyd ‘n goue draad wat die seisoene bymekaar hou – Lojaliteit, familie, vertroue en, ongeag die probleme, die hoop op ‘n silwer randjie. Die plek van tweede kanse en weer probeer totdat oorwinning gesmaak word.
Maar hoekom sien ons dit nie in die werklike wêreld om ons nie?
Ek en Isak kyk op die oomblik Suits, seisoen 3 het so pas geeindig en nou vra ek die vrae. (Ek is bewus dat die res van die wêreld al verder is, en die agteros nou eers in die kraal kom.) Hoekom werk dit nie so nie? Hoekom is nydigheid en twis aan die orde van die dag en sien ons min die oorwinning wat in die programme weerspiëel word? Of, nog erger sien ons nie die son skyn oor die volgende persoon nie?
Het ons as mens iewers gefaal in die basiese konsepte van samehorigheid, deursettingsvermoë en gemeensaamheid? Op die oog af lyk dit so en praat ons baie daaroor maar realiteit wys anders.
Vir die laaste 4 jaar het ek deur baie lesse gegaan, meer as in die vorige paar jaar. Hoekom? Omdat ek ‘n besluit geneem het om te verbeter. Maar dinge loop gewoonlik verkeerd, hoe harder ek probeer, hoe minder werk dit uit. Spesifiek op werksgebied was dit die een teleurstelling na die ander. By normale werke met ‘n salaris hou ek net 3 maande, nie omdat ek nie ‘n goeie werker is nie – in teendeel. Daar is altyd een of ander rede – van hulle kan my nie bekostig nie tot jy werk te vining. Die enigste werk wat ek mee verder kom as 3 maande is as eiendomsagent. Hoekom? – ek is gedissiplineerd, professioneel, het nie iemand nodig om my dop te hou nie, kom goed oor die weg met die meeste mense maar tog is ek nie suksesvol nie. In die bedryf is die hoeveelheid verkope jou maatstaf van hoe goed jy is. In die 3 jaar is ek al sleg gesê, beledig, beskuldig, aangekla en belieg, beskinder en beroof en nog steeds hou ek aan. Ek offer op, het al ‘n kar verkoop om aan die lewe te bly, kom met net die nodigste oor die weg, bly afhanklik van ander se goedheid om my aan die lewe te hou en nogsteeds kom niks deur nie. Wanneer ‘n deal gedoen word verwag mense ek moet verniet werk. Dit laat my goedkoop voel, minderwaardig en bevestig net weereens dat ek niks verdien nie – in my eks se woorde. Woorde wat my nou nog ry, 4 jaar nadat hy dit gespreek het. Ek neem toe in kennis en leer myself beter ken maar dit is ook al.
Dan kyk ek na die reeks soos Suits en ek sien hoe Mike sukkel, weer en weer alles na die tafel bring en weer op sy neus kyk. Jessica bly hom herinner dat hy nooit verder sal kan groei nie ongeag van die lojaliteit en deursettingsvermoe wat hy betoon. As mens groei hy, hy verdien selfs ‘n salaris, raak gevestig. Ons ken die storie – Hy vlug van verkeerde mense en polisie en land by Harvey, wat iets raak sien in hom. Hy gee hom ‘n kans en hoe verder die reeks ontwikkel hoe meer ingewikkeld raak sy situasie. Tyd vir om draai is daar nie meer nie, maar hy bly getrou aan sy werk en aan Harvey.
Louis is ook ‘n goeie voorbeeld, hy is rerig ‘n doos by tye – maar tog groei hy, word hy aanvaar in die familie en vul hy ‘n plek wat net hy kan vol maak. In die proses leer ‘n mens om eintlik respek te hê vir hom. Ja, sy manier is dalk nie soos ons daarvan hou nie maar mense aanvaar hom daarvoor want sy kennis, intergiteit, en lojaliteit kom altyd na vore. Daarom verdien hy sy plek.
Suksesvolle deals gerugsteun deur die monitere vorm van betaling is dan die maatstaf waar volgens hulle groei en verder beweeg maar dit gebeur nie so in die dag tot dag lewe nie. Jy bly op dieselfde plek ongeag al die groei.
Weer vra ek, hoekom werk dit nie so in die werklike lewe nie? Waar is die Harvey’s van hierdie wêreld wat bereid is om verby al jou goed te kyk en die mens raak te sien? Die Harvey’s wat weet hulle is ook feilbaar en juis jou op help om ook suksesvol te wees. Wat jou die sonskyn ook gun ten spyte van al jou probleme en in die proses verbeter jy stap vir stap. Leer jy om oplossings te vind en vir jouself op te staan want daar is iemand wat werklik in jou glo en leer jy dat jy wel iets verdien, dat jy verdien om ook ‘n goeie lewe te lei en daarom ook iets nutigs kan bydra vir die mense om jou.
Of is dit net ‘n Amerikaanse konsep… mis ek iets?




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed