Ontnugtering
Ontnugtering
Ontnugtering: die besef van verraad en bedrog deur ‘n geliefde.
ont – nugter?
NEE: ver – nugter!
Die nugter wete groei
elke dag klaarder in my gemoed:
onvoorwaardelike liefde
is ‘n romantiese droom
wat soos ‘n miswolk verdwyn
wanneer ‘n mens nugterwakkerskrik.
Met kloue, kille klaarheid
dring die wete nugter tot my deur:
jou hart, jou liggaam, jou liefde
het nog nooit
nét aan my
behoort nie.
ont – nugter?
nee, net
ver – nugter: tot nugterheid geruk!
Christa du Plessis
3 Kommentare
-

Koos Elsum
Ek weet dis lank terug dat die gedig geskryf was en hy pla my so dit is goed. Dankie Wat is die doel vd definisie in die eerste reël ? Kan mens dit nie weg laat nie en die speel met ont & ver is goed genoeg in my skaam opinie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Diep mooi gedig Christa