Vuil Gevat 1 die vuilvatvingers van die mens lê walglik sigbaar oor ons land papiersakke wapper aan elk’ doringdraadgrens die vuilvatvingers van die mens bemors selfs die oseaan se spens rommel lê op vlaktes en op die strand die vuilvatvingers van die mens lê walglik sigbaar oor ons land Vuil Gevat 2 doodgedruk, […]
Ek het nou sommer van meet af besluit dat daar meer as een van hierdie storie gaan wees, díé dat ek nommer een bo-aan skrywe, want oor die man en vrou verskille sal daar so nimmer as te nooit genoeg gepraat kan raak nie! Kom ons begin by directions! Ons ry Johannesburg of Pretoria toe […]
Of daar nie wragtag met my volgende kuier by my ouma wéér ‘n begrafnis is nie! Díé keer is dit ‘n van ‘n geliefde familielid wat afgesterf het en word daar ‘n properse familie begrafnis gehou. My ouma se susterskind is dood. Antie Bybie is dood in haar kombuis voor die stoof aan haar hart. […]
Een vakansie is ek by my ouma op Uniondale toe iemand kom sê Dorothy is dood. “Wie is Dorothy?” vra ek, want van haar het ek nog nooit gehoor nie. My ouma sê dis haar niggie van Oos-Londen. Ek sê vir my ouma ek dink nie ek het haar al ooit ontmoet en my ouma […]
DESIGNERSMILE swaar soos ‘n klip lê my hart in my bors my stiff upperlip ‘n ondeurdringbare kors ek gee my designersmile vir almal wat vra terwyl ek all the while die pyn sleepdra wat bloeddrupseer deur my lewe sweer my designersmile is vir jou wat wil weet hoe ek my Golgota uitkom sonder sweet sonder […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE Vakansies kuier ek by my ouma op Uniondale. Ek het ‘n Oupa ook daar gehad. My oupa was ‘n waterwyser en ‘n boorman. Eendag boor hy toe ‘n plaasboer naby Robertson se dogter in die ander tyd in. Toe die boer uitvind van die vleeslike boordery wat op sy […]
Maandae val vir my in dieselfde kategorie as rollmops, olywe, oneerlikheid, tandarts en die winter – NOT AT THE TOP OF MY LIST! Maandae is vir my skokkend naby aan Vrydae. Ek bedoel, mens het nog net begin relax dan is die naweek verby. Maandae, voel dit vir my, vang my áltyd half onverwags en […]
As jy nou die feit dat ek maar, at the best of times, nie so lekker dertig is nie, buite rekening laat is ons huis oor die algemeen gesproke, ‘n gewone huis. In gewone huise gebeur gewone dinge soos mense wat mekaar liefhet, soms gatvol raak vir mekaar, ‘n fit of ‘n tantrum gooi en […]
Ek sidder as jy met jou oermens-voete Oor my siel bly loop. Ek ril as jou oermenshande My elke dag van menswaardigheid stroop. Ek sien my hoop op geluk Soos mis verdwyn En ek dra alleen Aan my Neanderthal-pyn. Lorraine Smit 2004
Ek was 15 en swanger met die army uniform se kind (ers sou ek tydens die miskraam uitvind), Hy het by ons in die huis gebly, want hy wou nie nadat hy met die army klaar was, na sy eie disfunksionele huis teruggaan nie. Dit was ‘n fout, ons almal weet dit nou, maar dis […]