Spoor Uitgestrek oor vlakte heen in sand geklee in rooi en roes tussen gemsbokspoor en klipknoets rus geelgras winkend waar wilde perde wei bekendheid uit vervloëndheid s-y-p-e-l langsaam terug op die maat van ‘n stoomtrein stik hy sy spoor in lyn en heg die sye van ‘n hart met elke tjoeke-paf heel. ©marikavanheerden
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]


YSLAND ‘n Duetgedig Reykjavik ek hou van jou jou stege en jou brabbeltaal waar jou warm baddens uit die aarde aai jou strate see toe loop teen ‘n oer-oue pas jou sneeu oor lawarots en yswind teen my wang ons is twee reisgenote en voor ons verder ry onthou ek ons is hier weens veertig […]


