Marion se fyn, gekousde hofskoene tik tak gesellig oor die sypaadjie. ‘n Gesonde blos laat haar jonk en gesond lyk. Haar gesonde voorkoms is nie van goeie gesondheid nie, dit ook ja, maar haar oë kyk stip voor haar. Na waar haar nuwe motor vir haar wag. Sy sien die rooi motor reeds van ver […]

Hendry Ford staan met sy hande agter sy rug. Sy oë blink van opgewondenheid. Agter hom staan die eerste Ford motor. Sy handewerk. Stadig begin hy op en af stap. Hy moet sy maaksel met iemand deel voordat hy die koerante kontak. Die span wat hom help bou het aan die motor kyk afwagtend na […]
Ek kyk om my heen met vaal, moeë oë. Vadertjie tog, alles is vaal. Daar is net klein bossies, vuurwarm klippe en vaal gras, so kort die sprinkane moet op hul kniee staan om iets geeet te kry. Ek mis iets, maar ek besef nie wat dit is nie. Ek kyk na die son wat […]
Die Japanese toilette is ‘n heel belangrike item in elke Japanese huishouding. Daar is verskillende soorte. Sommige werk met knoppies, verhit die water, het ‘n wasbak wat as combo dien. Ja, en daar is dinge wat daarmee saamgaan. Die elektriese toestel wat teen die muur geinstalleer word. Knoppe vir vroue, knoppe vir mans. Dan is […]
Sun en Moon is twee dwerg olifantjies wat diep in die Japanese oerwoud woon. Hulle mammas is susters. Daar is nog ‘n hele paar klein olifantjies in die trop. Maar Sun en Moon is baie groot maats. Die oerwoud is vol lewe. Daar is voëls, insekte en diere. Die watergate is die twee maats se […]
Kento voel die trilling onder sy sitvlak waar hy in hul woonstel op die sestiende verdieping van ‘n wolkekrabber speel. Vraend kyk hy na waar sy ma besig is om wasgoed op te vou. “Het Mamma dit ook gevoel?” wil hy met groot oë weet. “Ja, maar vergeet dit. Dit was seker ‘n aardbewing. Sit […]

helderskoon water vloeiende oor skurwe rotse vloei weg in ‘n stroompie van lenteson ©Wilma

Kabousie is ‘n meerkat wat in die stad woon. Elke aand vertel sy mamma vir hom stories totdat sy ogies toeval en hy die hele nag deur slaap. Dan droom hy van die diere waarvan sy ma vir hom gelees het. Nadat hy die hele dag gespeel het, is hy die aand baie moeg maar […]
