Jongste aktiwiteit:

MARION SE EERSTE FORD T

Marion se fyn, gekousde hofskoene tik tak gesellig oor die sypaadjie. ‘n Gesonde blos laat haar jonk en gesond lyk. Haar gesonde voorkoms is nie van goeie gesondheid nie, dit ook ja, maar haar oë kyk stip voor haar. Na waar haar nuwe motor vir haar wag. Sy sien die rooi motor reeds van ver af en moet haarself keer om nie in volle vaart te hardloop nie.
Daar is geen teken van die rykmanskind nie. Weg is die hooghartige kyk in haar oë. Die ryklik versierde strooihoed het lank reeds van haar kop gegly en hang nou aantreklik oor haar skouers. Vir die eerste keer sien die mense op straat dat sy ook met deurmekaar hare pragtig lyk.
Die motorhandelaar sien haar aankom en vryf sy hande baie in sy skik teen mekaar. Hierdie rooi gevaarte is die eerste motor wat hy verkoop. Hy voel al die kommissie in sy sak. Dat hy die motor aan Marion verkoop is ‘n wonderwerk. Hoe lank is dit al wat hy hierdie meisie met sy hele hart begeer.
Hy sien die blink oë en kan nie help om haar skoonheid te bewonder nie. Hulle oë sluit in mekaar die oomblik wat sy die vertrek betree. Sy hart tamboer in sy binneste.
“Hier is jou motor, Juffrou Marion.””
Hy hou sy hand uit en sy plaas haar gehandskoende hand op sy arm. Galant hou hy die deur vir haar oop, maar sy skud haar kop.
“Jy sal moet saamry om my touwys te maak. Ek het nog nooit ‘n motor bestuur nie.
Gerrit du Toit maak ‘n buiging en stap om na die bestuurderskant. Baie belangrik maak hy die deur oop en skuif in die sitplek in. Marion sit met verwondering in haar oë na al die vreemde goed om haar en kyk.
Gerrit draai die sleutel en lag hardop vir die uitdrukking op haar gesig. Eers maak hy ‘n swierige draai voor die besigheid voordat hy by die grootpad indraai. Hy geniet elke oomblik saam met Marion en die opwinding op haar gesig. Hy leer haar hoe om die ratte te gebruik en hoe om die motor in die pad te hou.
Na twee ure se intense oefening is die stuurwiel in haar hande. Sy waai vermakering vir Gerrit en stuur dan haar motor straat in. Stadig ry sy weg. Haar eerste Ford T. Heerlik.

©Wilma




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed